Pragtige huis by Constantia Vakansie Oord

Summary
Property Type: 
Contract: 
Bedroom: 
2

Description

Die oord bied 'n vakansie oord leefstyl en die huis is 'n Deeltitel belegging, ±300m².
Die huis bied 2 ruim slaapkamers met ingeboude kaste, hoofslaapkamer het 'n inloop kas.
2 Vol pragtige badkamers.
Die slaapkamers het duursame matte waar die res van die huis geteel is.
Die oopplan kombuis is ruim, bied 2 spenskaste, granite blad, gas stoof met extractor fan. Aparte waskamer.
Die huis het 'n groot loft gedeelte wat gebruik kan word vir nog 'n kamer, daar is ook 'n stort, toilet en wasbak bo met sy eie geyser.
Kan ook gebruik word vir kantoor gedeelte. Daar is 3 motorhuise waarvan die een groot genoeg is vir 'n "motorhome" en het "remote control".
Die pragtige groen tuin lok jou na buite om by die patio te sit en kuier.
Daar is 'n tank met drukpomp vir die besproeiings asook 'n tank vir die drinkwater met drukpomp.
Aparte stoorkamer of buite slaapkamer wat netjies geteel is.
Constantia is 'n natuurlike Bosveld omgewing, warm klimaat en wye verskeidenheid fasiliteite om dit die vakansie/aftree gevoel te gee.

Price: 
R1 900 000